Die Pretoriase hooggeregshof het so pas die AARTO-wysigingswet, waarop die beplande strafstelsel vir verkeersoortredings gebaseer is, ongrondwetlik en ongeldig verklaar.
Die hof het Donderdagoggend 13 Januarie sy uitspraak oor die grondwetlikheid van die AARTO-wet gelewer. Dit volg nadat die organisasie teen belasting misbruik, OUTA die hof oor die omstrede Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortredings, oftewel AARTO genader het. Outa het die grondwetlike geldigheid van die wet betwis en die hof in Oktober 2021 gevra om beide die hoofwet en die wysigingswet ongrondwetlik te verklaar.
Regter Annali Basson het ten gunste van OUTA bevind en met die hul standpunt saamgestem. Volgens OUTA se Wayne Duvenhage: "Ons probeer nou al vir etlike jare om met die owerhede in gesprek te tree en seker te maak dat die verskillende wysigings en veranderinge grondwetlik, prakties en werkbaar is, maar hulle het ons insette geïgnoreer en nie betekenis vol met die burgerlike samelewing deelgeneem nie, wat ons geen ander keuse gelaat het as om hof toe te gaan en dit in sy spore te laat stop nie. Ons is baie tevrede met die regter se uitspraak. Dit stuur nou die regering terug na die tekenbord oor wat nogal 'n gemors geword het."
Die hof het die minister van vervoer en die padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) gelas om OUTA se koste te betaal. Advokaat Stefanie Fick, wat OUTA in die hofverteenwoordig het, het dat dié beslissing beteken dat die stelsel vir eers op ys is. Die minister van vervoer sal nou verplig word om met OUTA in gesprek te tree.
Hierdie uitslag bewys weereens die belangrikheid van burgerlike- en gemeenskapsorganisasies soos MBF om na die regte van ons landsburgers om te sien.
#AARTO #MBF #OUTA #RTIA #StefanieFick #AnnaliBasson #WayneDuvenhage #MafubeBesigheidForum #SuidAfrika #SouthAfrica
Inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers word genooi om ons kantore by Kerkstraat 18A te besoek gedurende ons besigheidsure, op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae van 08h30 tot 12h30, of kontak Marina op WhatsApp by 079 145 4295. Of kontak Marina op WhatsApp. stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org
Комментарии