top of page
Writer's pictureMBF

BETAAL JY VIR WATER? OF IS DIT LUG EN MODDER?

In 'n mediaverklaring wat op 17 Desember 2021 vrygestel is, het Mafube Besigheidsforum (MBF) sy kommer uitgespreek oor die toestand van die watertoevoer in Mafube, wat nou nog vererger het. Ons siening word gedeel deur die Departement van Water en Sanitasie in die Bloudruppel-risiko-analise van Maart vanjaar, wat bepaal het dat daar minder as 'n 5%-kans is dat die watervoorsiening van Mafube aan aanvaarbare standaarde voldoen.


Twee weke gelede moes die Administrateur, Burgemeester en Munisipale Bestuurder (MM) voor die Provinsiale Wetgewer verskyn om oor die situasie in Mafube verslag te doen. Mnr.Ralebenya, was vinnig om die gebrek aan dienslewering aan wanbetaling deur inwoners en besighede toe te skryf. Onder intense bevraagtekening het die MM toegegee dat water wat aan 4 000 Mafube-huishoudings verskaf word nie gemeter word nie, wat bydra tot 'n skoonwaterverliese van ongeveer 58%.





Eerder as om hierdie saak wat herhaaldelik deur MBF geopper is aan te spreek, het die munisipaliteit voortgegaan met hul ondeurdagte “Prepaid Water Meter Project” en in die proses 1 458 bestaande (en in die meeste gevalle perfek funksionerende meters) met voorafbetaalde eenhede vervang.


Kyk waar is ons nou... inwoners moet vooraf vir water betaal, maar daar is vir dae aaneen niks in hul krane nie - in Cornelia tot 15 opeenvolgende dae! ’n Inwoner in Frankfort het op sosiale media die modderige water uit haar kraan gewys die dag toe watertoevoer in die dorp herstel is.


Om ontslae te raak van lugborrels wat deur wateronderbrekings veroorsaak word, verminder die watermeterlesing. Daarom is die huidige situasie dié van inwoners wat vooruit betaal vir: 1) dae sonder water; 2) lug in pype; 3) modderige water na behandel; en dan eers 4) helder, behandelde water waarvan die drinkbaarheid onseker is.


Weens die infrastruktuurkwessies het Mafube Plaaslike Munisipaliteit (MPM) belowe om voldoende hoeveelhede water per vragmotor aan die geaffekteerde gebiede te voorsien. Sonder om die kostes verbonde aan hierdie reëling uiteen te sit, kla sommige inwoners en sake-eienaars dat wanneer die vragmotors opdaag (miskien twee keer per week), die bestuurders hulle eenvoudig ignoreer en verby ry, al staan hulle met hul wateremmers in die ry... Inwoners moes die naweek gebottelde water koop en kosbare gesinstyd vermors om vir 40 minute tou te staan vir 5 liter water...

Ons is in 2022! Die mense van Mafube verdien beter. Daar is bekwame mense beskikbaar en planne vir volhoubaarheid op die tafel.


Wanneer sal MPM die hulp aanvaar wat aan hulle gebied word?

Besoek gerus MBF by Kerkstraat 18A, of kontak MBF per epos of whatsapp by info@mafubebf.org | 079 145 4295 | www.mafubebf.org

1 view0 comments

Comments


bottom of page