top of page
Writer's pictureMBF

BURGERLIKE ORGANISASIES: 'N NOODSAAKLIKE BESTANDDEEL VAN ONTWIKKELING

As enigiemand 'n vinnige kursus nodig het in die kritieke rol wat burgerlike organisasies speel, het COVID-19 dit voorsien - van 'n groter behoefte aan die dienste wat hulle verskaf aan diegene wat minder bevoorreg is, tot die behoefte aan bystand aan besighede om hulle te onderhou en werk verliese te vermy.



Gelukkig is die pandemie nou iets van die verlede en kan Mafube Besigheidsforum (MBF) met trots sê dat ons befondsing van byna 'n half-miljoen rand gefasiliteer het om ons plaaslike ekonomie te onderhou. Nie 'n enkelebesigheidslid van Mafube het in hierdie tyd hul deure gesluit nie.

As daarverby die huidige krisis in plaaslike regering gekyk word, is burgerlike instansies 'n noodsaaklike bousteen van ontwikkeling en nasionale samehorigheid. In 'n land wat geseën is met vrede en stabiliteit, vul burgerlike instansies die ruimte wat nie deur die regering aandag kry nie. In 'n brose en konflik geteisterde land, speel dit 'n selfs belangriker rol om dienste teverskaf wat gewoonlik die verantwoordelikheid van die staat is, en kan die grondslag lê vir versoening.

Die burgerlike samelewing bestaan uitorganisasies wat nie met die regering geassosieer word nie—insluitend skole en universiteite, voorspraakgroepe, professionele verenigings, kerke en kulturele instellings. Burgerlike organisasies vervul verskeie rolle. Hulle is 'n belangrike bron van inligting vir beide burgers en die regering. Hulle monitor regeringsbeleid en -aksies en hou die regering aanspreeklik. Hulle is betrokke by voorspraak en bied alternatiewe beleide vir die regering, die private sektor en ander instellings. Hulle lewer dienste, veral aan die armes en die gene wat geen dienste ontvang nie. Hulle verdedig burgerregte en werk daaraan om sosiale norme en gedrag te verander en te handhaaf.

Burgerlike organisasies moet dapper wees en standvastig bly, ten spyte van kritiek, openlike vyandigheid en kwaadwilligheid – soms uit bronne waaruit dit die minste verwag word. As dit gebou is op 'n stewige fondament met duidelike doelwitte en werklik die belang van die gemeenskap op die hart dra, sal die struikelblokke stelselmatig verdwyn en die pad na 'n beter toekoms oop word. Die weerstand van die handjievol wat by korrupsie en wanbestuur baat vind, sal vir 'n rukkie met ons wees, maar binnekort sal dié ook kapituleer, van deuntjie verander of elders heen beweeg.

Lede van MBF het baie om na uit tesien – die positiewe veranderinge sal kom. As jy of jou besigheid nog nie aanboord is nie, sluit vandag by ons aan en wees deel van ons suksesverhaal.

MBF nooi inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers om ons kantore te Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org

1 view0 comments

Comments


bottom of page