top of page
Writer's pictureMBF

DIE PROBLEEM MET RONDLOPER DIERE / THE PROBLEM WITH ROAMING ANIMALS

[Afr] Rondloperdiere is 'n voortdurende probleem in die Mafube-omgewing en min mense weet wat is die nodige stappe om te vol. Rondloperbeeste, donkies, bokke en varke kan skade aan private en openbare eiendom aanrig, en kan ook gevaarlik wees vir motoriste.


Hierdie diere is baie keer nie gebrandmerk is nie wat dit moeilik maak om die eienaar op te spoor. ‘n Geregistreerde brandmerk is volgens Die Diere-identifikasiewet 6 van 2002 ‘n vereiste: "Alle vee-eienaars moet 'n geregistreerde identifikasiemerk vir hul diere hê ..." Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend in Suid-Afrika.


Volgens ons grondwet mag almal eiendom besit. Maar die verantwoordelikheid vir die versorging van eiendom (of diere) is die uitsluitlike verantwoordelikheid van die eienaar. Daar is 'n gesegde wat sê – “’n Hele gemeenskap is nodig om ‘n kind groot te maak, maar dit moet nie ‘n gemeenskap se taak wees om ‘n individu se beeste groot te maak nie.”

Munisipale verordeninge in baie munisipaliteite bepaal dat “Diere nie in openbare plekke toegelaat moet word nie en geen persoon wat beheer oor diere het, moet toelaat dat sodanige dier in ’n openbare plek is nie”. Die howe beskou ook vry rondlopende diere op openbare paaie as 'n groot gevaar vir ander padgebruikers en verbied die eienaar van diere om hulle in enige gedeelte van ‘n openbare pad te wees. Sien: Nasionale Padverkeersregulasies Reg 313 van die Nasionale Padverkeerswet van 1996.


GEEN MAFUBE VERORDENINGE NIE


Die Vrystaatse Provinsie se Standaard-Skut van Diere-verordening soos per provinsiale koerant nommer 82, kennisgewing 192 van 9 Desember 2011, magtig enige grondeienaar, verkeersbeampte of lid van die polisie om sulke diere te skut in openbare gebiede wat nie onder toesig is nie. Mafube Plaaslike Munisipaliteit (MPM) het egter versuim om hierdie verordening aan te neem en af te kondig, wat implementering en toepassing aansienlik moeiliker maak.


'n Losloperdier kan wettiglik geskut word, maar vir die persoon wat die bees skut, kan dit 'n tegniese nagmerrie wees.


Die groot struikelblok vir diegene wat enige rondloperbeeste skut, is die gesindheid van die eienaars van hierdie diere. Grondeienaars wat rondloperdiere skut, word dikwels geteiken en gedreig en dit is duidelik dat die eienaars van sulke rondloperdiere weier om enige verantwoordelikheid te aanvaar, hetsy opsetlik, of uit onkunde. Daar word gesê dat die eienaar van sulke beeste gewoonlik onbekend of onopspoorbaar is totdat sulke beeste op 'n voertuig gelaai word om geskut te word. Beskuldigings van 'diefstal' word dikwel deur die eienaars van sulke rondloperdiere verkeerd deur die owerhede hanteer.


RAPPORTEER RONDLOPER DIERE BY SAPD


Die Nasionale Instruksie No. 3 van 2020 met betrekking tot Veediefstal en Bedreigde Spesies soos uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens, maak voorsiening vir die volgende onder artikel 13:


  1. Enige persoon mag rondloperdiere by die naaste Gemeenskapsdienssentrum (GDS) van die SAPD aanmeld.

  2. Die bevelvoerder van die GDS moet toesien dat die voorval in die Voorvalleboek aangeteken word.

  3. 'n VB-nommer moet verkry word deur die persoon wat die saak aanmeld.

  4. 'n SAPD-lid moet dan aangestel word om aandag aan die saak te gee.

  5. Die besonderhede van die rondloper of vreemde dier/e moet so gou as moontlik by die Veediefstal en Bedreigde Spesies Eenheid, in die area relevant tot die GDS, aangemeld word.

  6. Die verantwoordelike beampte by die VDBSE moet die aangeleentheid verder ondersoek terwyl die GDS-bevelvoerder die aangeleentheid in ooreenstemming met provinsiale wetgewing moet hanteer.


MBF nooi inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers uit om ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.


----


[Eng] Stray animals are an ongoing problem in the Mafube area. Not only can these roaming cattle, donkeys, goats and pigs cause damage to private and public property, but they can also be dangerous to motorists when they venture onto public roads, which is often the case.

There have recently been very few accidents involving cattle have been reported in the area, but fate can never be tempted as they can cause havoc on the roads. A few years ago, the Attorney-general of the Free State province was killed in an accident involving stray cattle, on the R26 just outside of Villiers.


The problem with many of these animals is that they are not branded, which is required by law (The Animal Identification Act 6 of 2002), thus it is almost impossible to trace the owner through the branding database. The Act states that – “All livestock owners must have a registered identification mark for their animals…” The permanent marking of cattle, sheep, goats and pigs is compulsory in South Africa.’


Everyone has the right to own property under the South African Constitution, and that includes cattle, goats and other farm animals, but the responsibility for caring for these animals, and how they are kept is the sole responsibility of the owner of the animals. There is a saying that says – It takes a village to raise a child – it does not take a village to raise an individual’s cattle.


Municipal By-Laws in many municipalities state that animals are not allowed in public spaces – and explicitly states that “Animals must not be allowed in public places and no person who has control over animals must allow such animal to be in a public place”. The courts also take a serious view on free roaming animals on public roads that might cause a danger to other road users and the National Road Traffic Regulations Reg 313 of the National Road Traffic Act of 1996 also “…prohibits the owner of animals from allowing such animals … to be on any section of a public road…”


NO MAFUBE BY-LAWS


The Free State Province Standard Impoundment of Animals By-Law as per provincial gazette number 82, notice 192 of 9 December 2011, authorises any landowner, traffic officer, or member of the police to impound such animals in public areas not being supervised. However, Mafube Local Municipality (MLM) failed to adopt and promulgate this by-law, which makes implementation and enforcement considerably more difficult.

Very few people are aware of the procedures to follow should stray animals be encountered. The current situation in Mafube is that any animal roaming in a public area without a minder or guardian is considered a stray animal, and such an animal can be lawfully impounded, however for the person impounding the cattle or the rights of the owner of such cattle, it can be a technical nightmare.


The major obstacle for those impounding any stray cattle is the attitude of the owners of these animals. Landowners impounding stray animals are often victimised and threatened and it is clear that the owners of such stray animals refuse to take any responsibility, either maliciously, or through ignorance. It is said that the owner of such cattle is usually unknown or untraceable until such cattle are loaded onto a vehicle to be impounded. Accusations of ‘theft’ by the owners of such stray animals are often misunderstood by authorities and wrongfully handled.


REPORT ROAMING ANIMALS TO SAPS.

The National Instruction No. 3 of 2020 pertaining to Stock Theft and Endangered Species as issued by the South African Police Service, provides for the following under section 13:


  1. Any person may report stray animals to the nearest Community Service Centre (CSC) of the SAPS.

  2. The commander of the CSC must see to it that the incident is entered into the Occurrence Book.

  3. An OB number must be obtained by the person reporting the case.

  4. A SAPS member must then be appointed to attend to the matter.

  5. The details of the stray or strange animal/s must as soon as possible be reported to the Stock Theft and Endangered Species Unit, in the area relevant to the CSC.

  6. The responsible officer at the STESU must investigate the matter further while the CSC commander must deal with the matter in accordance with provincial legislation.


MBF invite residents, business owners and ratepayers to visit our offices at 18A Kerk Street, Frankfort on Mondays to Thursdays from 08h30 to 16h00 and Fridays 08h30 to 12h00. Call or send a WhatsApp message to Marina at 079 145 4295. Visit our website www.mafubebf.org and follow us on Facebook.

89 views0 comments

Comments


bottom of page