top of page
Writer's pictureMBF

Dryf beurtkrag jou teen die mure uit? SADAG gee raad.

[Deel 3 van 3]

Vir baie Suid-Afrikaners lyk dinge deesdae donkerder as ‘n paar jaar gelede, so sê 'n studie wat deur die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (SADAG) gedoen is. Na aanleiding hiervan, sal MBF stel graag die laaste paar kern vrae en voorstelle in ons reeks daaroor beskikbaar.



9. Wat is die impak van beurtkrag op mense in townships en landelike gebiede?

Alhoewel die opname meestal aanlyn gedoen is, is moeite gedoen om met mense in townships te gesels. Ons het die opname uitgedruk en gesondheidsorgwerkers deur tot deur na gemeenskappe in veral die landelike gebiede noord van Johannesburg gestuur. Baie inwoners het gesê dat dit baie algemeen was om nie krag te hê nie, selfs voordat beurtkrag 'n skedule op 'n toepassing geword het. In die townships, waar daar selfs meer van daardie soort kwessies is, lyk dit of mense dit beter hanteer. Hulle is egter meer bekommerd oor misdaad en geweld, en hulle is bekommerd dat kragonderbrekings kan lei tot meer werkverliese, en dus groter armoede.

10. Hoe kan die stres van beurtkrag die oorkom word?

Maak vrede met die feit dat seker dinge beheer kan word, en ander nie. Die geheim is te beheer wat jy kan, en te besef wat jy nie kan nie. ‘n Voorbeeld is om jou (veranderbare aktiwiteite) in die dag rondom die (onveranderbare) beurtkrag skedule te beplan. Probeer om in plek te kry om die onvoorspelbare te kan akkomodeer. Kry positiewe oplossings, soos byvoorbeeld warm water in ‘n warmwater fles. Probeer om nie vasgevang te word in die negatiwiteit van die situasie nie. Wanneer ‘n mens kla, trek jy negatiwiteit aan en begin mens hoop verloor.

11. Kan die onvoorspelbaarheid en hopeloosheid van Covid-19 ons iets leer om op beurtkrag-krisis toe te pas?

Covid-19 het ons geleer dat elke uur belangrik is. So, kom ons koester dit en skep herinneringe. Probeer om, te midde van al hierdie duisternis, bietjie hoop te vind en die tyd te gebruik om te verhoudinge te skep. Gebeure soos Covid-19 en die vloede (van 2022) het gesinne geskei en mense treur steeds.

12. Die SADAG-opname wys dat mense meer slaap tydens beurtkrag. Is dit iets om oor kommerwekkend?

Depressie veroorsaak of slapeloosheid, of ‘n ooraktiewe slaap patroon. As mens te veel slaap, sal dit moontlik moeilik wees om depressie-tekens op te tel. Die een oomblik sal jy dink jy moet opstaan, en dan die volgende weet jy net nie meer hoe nie. Die beste raad is om jouself aan te hou druk en vorentoe te beur, probeer om hoop te vind, selfs wanneer dit donker lyk. Probeer maniere vind om sonder elektrisiteit aan te kan gaan.

MBF nooi inwoners, besigheidseienaars en belastingbetalers uit om ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

1 view0 comments

Comments


bottom of page