[Deel 1 van 3]
Alhoewel baie frusterend, veral gegewe ons vandag weer Fase 6 beurtkrag tref, en Eskom ons nie wil toelaat om van alternatiewe kragbronne gebruik te maak nie, is dit nie net ons omgewing wie se gemoed negatief deur die situasie geaffekteer word nie.
Vir baie Suid-Afrikaners lyk dinge deesdae donkerder as ‘n paar jaar gelede, so sê 'n studie wat deur die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (SADAG) gedoen is. Na aanleiding hiervan, sal MBF in die volgende 3 weke sekere kern vrae en voorstelle daaroor beskikbaar stel.
Daar was 372 dae van geskeduleerde kragonderbrekings van begin 2021 tot einde Maart 2023, waarvan slegs 75 in 2021 was. Die aantal ure van beurtkrag in 2022 alleen was drie keer meer as die totaal van in die afgelope vyf jaar.
Angs, stres, gespanne gesinsverhoudings ‘n gevoel van hulpeloosheid is van die kwessies waarmee die amper 2000 respondente gesê het hulle sukkel. Driekwart van die deelnemers wat het ‘n vaste werk gehad, het gesê dat daar van hulle verwag word om dieselfde hoeveelheid werk te lewer ondanks sporadiese kragtoevoer. Dit het stres veroorsaak, en mense vrees dat voortgesette beurtkrag sal lei tot werksverliese en pogings om die land se sukkelende ekonomie om te keer.
Afgesien van die ekonomiese impak, wat deur klein besighede, groot vervaardigingsbedrywe en landbou gevoel word, sukkel Suid-Afrikaners om die daaglikse gevolge van die kragkrisis te hanteer. Beurtkrag veroorsaak dat 40% van mense depressief voel en laat 60% van mense beangs. SADAG gee hieronder antwoorde op ‘n paar vrae:
1) Hoekom het SADAG die opname gedoen en watter soort vrae is gevra?
SADAG se inbelsentrum het baie oproepe gekry vanaf mense wat gefrustreerd en angstig gevoel het weens beurtkrag. Ons wou verstaan wat ons kan doen om Suid-Afrikaners beter te ondersteun met hul geestesgesondheid tydens beurtkrag. Ons het meer naby aan 2000 antwoorde ontvang.
2) Wat dui die resultate aan?
Sommige mense vind maniere om beurtkrag te bestuur, maar baie vind dit ongelooflik moeilik. Sowat 42% van die deelnemers se depressiesimptome het vererger en 60% het met angs gesukkel. Die data wys 'n groot gevoel van hulpeloosheid uit, want kragonderbrekings is heeltemal buite respondente se beheer. Hulpeloosheid beinvloed mens se geestesgesondheid sterk negatief.
3) Wat frustreer mense die meeste?
Die gebrek aan beheer oor jou daaglikse lewe, dit beïnvloed baie aspekte. Werkverwante kwessies was 'n groot probleem vir omtrent 'n derde van deelnemers deur dinge soos gelaaide batterye, gebrekkige selfoon netwerkdekking, of stadige verkeer wat mens laat maak vir werk, of betydse nakoming van afsprake op die spel plaas. Hoër vlakke van padwoede is aangemeld a.g.v. frustrasie en meer rusies onder gesinslede raakgesien kon word.
4) Hoe is gesinsdinamika deur kragonderbrekings geraak?
Beurtkrag het blykbaar 'n negatiewe impak op gesinsverhoudings gehad. Beurtkrag trek nie vriende of gesinslede nader aan mekaar nie. Almal bly net by die huis en raak meer gefrustreerd, en meer kortaf met mekaar. Dit is net nie goed vir die gesin se welstand nie.
MBF nooi inwoners, besigheidseienaars en belastingbetalers uit om ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.
Comments