top of page
Writer's pictureMBF

Geheimhouding of blatante wanpraktyke?

Met verwysing na ‘n vroeëre persverklaring wat Mafube Besigheidsforum (MBF) in die Frankfort Herald gepubliseer het rakende die moedswillige “geheimhouding” by Mafube Plaaslike Munisipaliteit (MPM), blyk dit asof MPM steeds vol daarmee - ten spyte van die munisipaliteit se verpligtinge in terme van openbare deelname.


- Die onlangse rampspoedige “Budget Roadshow” was toe as 'n voorbeeld uitgelig: Die Mafube-gemeenskap, inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers het tot dusver steeds nie tariefverhogings vir die nuwe finansiele jaar gekry nie.


- Fondse word benodig: Soos in ‘n radio onderhoud genoem, moedig die waarnemende Munisipale Bestuurder, adv. Mothusi Lepheana die gemeenskap aan om hul rekeninge te betaal, sodat die munisipaliteit volgens hom behoorlik kan funksioneer. Die vraag is egter, hoe kan MPM verwag om hul invorderingskoers te verbeter, sonder om toegang tot die nuwe tariewe aan die publiek te verskaf en gereelde, akkurate munisipale rekeninge uit te

stuur?


- Belangrike dokumente is nie beskikbaar nie: MPM gaan voort om kennisgewings te publiseer wat die publiek uitnooi om dokumente te besigtig, maar by navraag bestaan dit nie. ‘n Voorbeeld is die kennisgewing wat op 12 Julie in die Frankfort Herald verskyn het,

waar die publiek uitgenooi is om na die 2024/25 Dienslewering en

Begrotingsimplementeringsplan te kyk. Dit sou volgens die kennisgewing tot 26 Julie 2024 beskikbaar wees. Met ‘n besoek aan die munisipaliteit is bevind dat die dokument nêrens te

vinde was nie en niemand wat gevra is kon sê waar om dit te kry nie!


Geen reaksie!


MBF het al gereeld aan adv. Lepheana geskryf, maar geen reaksieis is ontvang nie. Lepheana is herinner aan die volgende wetlike bepalings:

- Artikel 5 van die Munisipale Stelselswet – om stiptelik op kommunikasie van die gemeenskap te reageer;

- Artikel 29A van die Wet op Munisipale Strukture – om die gemeenskap van alle raadsvergaderings en vergaderings van sy komitees in te lig.

- Artikel 20 van die Munisipale Stelselswet – om publieke bywoning van al sy raads- en komiteevergaderings toe te laat.



Plaaslike regeringswetgewing bepaal dat die gemeenskap 'n belangrike komponent van die munisipaliteit is, en die reg het om volledig ingelig te word. MPM ontneem die gemeenskap tans hierdie reg. Die vraag ontstaan of munisipale raadslede nie as medepligtig gesien word nie in hierdie wanpraktyke nie?


MBF nooi inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers uit om ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

1 view0 comments

Commentaires


bottom of page