[Afr] Mafube Besigheidsforum (MBF) het 'n skakel na ‘n “app” versprei waar probleme met munisipale dienste (riool, water slaggate ens.) aangemeld kan word.
Onlangs is dit uitgebrei sodat elektrisiteitsprobleme ook nou aangemeld kan word.
Wanneer probleme gerapporteer word, kry die gebruiker 'n verwysingsnommer. Hierdie nommer is baie belangrik en dien as bewys daarvan dat dit aangemeld is. Bewaar die verwysingsnommer asseblief.
- Elektrisiteitsfoute word deur Rural hanteer en herstel.
- Munisipale foute word gereeld aan Mafube Plaaslike Munisipaliteit deurgegee.
MBF kan vir geen van die instansies verantwoordelikheid neem om hul plig uit te voer nie, maar die aantekenmeganisme kan help om dit te moniteer en rekord van te hou.
Kom klop gerus by MBF aan indien u hulp nodig het, of enigsens sukkel met die meganisme.
MBF nooi inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers uit om ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.
---
[Eng] Mafube Business Fourm (MBF) has distributed a link to an "app" where problems with municipal services (sewer, water potholes etc.) can be reported.
Recently this has been expanded so that electricity problems can also now be reported.
When problems are reported, the user is given a reference number. This number is very important and serves as proof that it has been reported. Please save the reference number.
- Electricity faults are handled and repaired by Rural.
- Municipal faults are regularly reported to Mafube Local Municipality.
MBF cannot take responsibility for any of the institutions not carrying out their duty, but the logging mechanism can help to monitor and keep track of it.
Feel free to contact MBF if you need help, or have any difficulty with the mechanism.
MBF invites residents, business owners and taxpayers to visit our offices at 18A Church Street, Frankfort on Mondays to Thursdays from 08h30 to 16h00 and Fridays 08h30 to 12h00. Call or send a WhatsApp message to Marina on 079 145 4295. Visit our website www.mafubebf.org and follow us on Facebook.
Comments