top of page
Writer's pictureMBF

Ligte, kamera, aksie!


Mafube Business Forum (MBF) het Dinsdag die geleentheid gehad om die storie van Frankfort en Mafube met SAUK TV te deel.

Alhoewel die padtoestande vanaf Bloemfontein veroorsaak het dat die onderhoude later as waarvoor geskeduleer is begin het, het alles op die ou end goed uitgewerk.

Jannie Schabort, voorsitter van MBF, het hom uitstekend van sy taak gekwyt deur die uitdagings wat die inwoners van Mafube daagliks in die gesig staar, te verduidelik. Hy het ook 'n bietjie uitgebrei oor moontlike oplossing. Die SAUK-span het 'n onderhoud met 'n paar ander inwoners van Mafube gevoer om hul sienings en ervarings te kry.

Ons sien uit na die uitsending wat vandag (6 Feb) in Kanaal 404 uitgesaai word, en heel waarskynlik ook op SABC 2 Nuus.

MBF bly daartoe verbind om die gemeenskap by te staan. Maak ons hand sterk in hierdie stryd en sluit by ons aan. Besoek ons kantore by Kerkstraat 18A gedurende besigheidsure, op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae van 08h30 tot 12h30, of kontak Marina op WhatsApp by 079 145 4295 of stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org

1 view0 comments

Comments


bottom of page