top of page
Writer's pictureMBF

Ondersteuning van Onafhanklike Kandidate

Soos Mafube Besigheidsforum (MBF) verskeie kere berig het in die Frankfort Herald en elders, bly ons ‘n apolitiese organisasie maar sien waarde daarin om saam met instansies en individue te werk wat ons doelstellings deel op die gebied van plaaslike regering.

MBF glo dat partypolitiek nie binne ‘n munisipale raad behoort nie en dat die daarstelling van onafhanklike raadslede met geen verpligtinge teenoor politieke grootbase, die weg sal baan tot ‘n beter Mafube. Toe MBF gedurende September vanjaar genader was deur ‘n groep onafhanklike kandidate wat om hulp aangeklop het, het MBF sy kundigheid en ondervinding ingespan om hulp aan die groep te verleen; net soos ons verplig is ingevolge ons grondwet.

MBF het voorwaardelike steun aan die groep gegee en befondsing deur plaaslike besighede gefasiliteer. Verskeie ondernemings en individue wat die siening van MBF deel, het skenkings gemaak wat die onafhanklike groep in staat gestel het om op ‘n gelyke speelveld met politike partye meë te ding. Ons bedank u hiervoor.

MBF hou by sy apolitiese beginsels en sal daarom nie die organisasie verbind tot enige politieke uitlatings en/of aksies waarby onafhanklike kandidate betrokke mag wees nie. MBF wens aan hulle alle sukses toe in die opkomende verkiesing en vertrou dat hulle groot ondersteuning uit die gemeenskap sal kry en ons trots sal maak.

Besoek gerus MBF vandag te Kerkstraat 18A, Frankfort. U kan ook 'n e-pos stuur na info@mafubebf.org of ‘n WhatsApps na 079 145 4295.


2 views0 comments

Comments


bottom of page