top of page

Parlimentêre Komitee besoek aan Frankfort op 18 Maart 2025

  • Writer: MBF
    MBF
  • Mar 26
  • 3 min read

Onvermoë om inkomste in te vorder en toenemende skuld verminder vooruitsigte op herlewing van Mafube Plaaslike Munisipaliteit – aldus die Parlementêre Gekose Komitee vir Samewerkende Regering en Openbare Administrasie (Tradisionele Sake, Menslike Nedersettings en Water en Sanitasie)





Die komitee is van mening dat die onvermoë van Mafube Plaaslike Munisipaliteit om belastings in te vorder sy vermoë sal verminder om die bedoelings van die verpligte provinsiale ingryping te bereik. Die komiteevoorsitter, mnr Mxolisi Kaunda, het gesê: "Finansiële herstelplanne wat nie op 'n sterk inkomste-invorderingsbasis geanker is nie, is nutteloos, aangesien finansiële hulpbronne uit diensteheffings die grondslag van munisipale kontantvloei is. Dit is op hierdie basis dat ons uiters bekommerd is dat die munisipaliteit slegs tot 20% van dienstekoste invorder, wat beteken dat 80% van dienste nie gehef word nie."


Die komitee het Dinsdag, 18 Maart 2025 die eerste van drie besoeke aan munisipaliteite in die Vrystaat afgesluit om die doeltreffendheid van die provinsie se ingrypings te bepaal. Terwyl die komitee president Cyril Ramaphosa se aankondiging van die regering se voorneme om die munisipale befondsingsmodel te hersien, erken het, het dit die munisipaliteit versoek om fakturering en inkomste-invordering binne die huidige befondsingsraamwerk te versterk.


Die komitee is bekommerd oor die skuld van meer as R1,5 miljard wat staatsdepartemente en sy eie belastingbetalers aan die munisipaliteit verskuldig is. Dit het beide nasionale en provinsiale regerings aangemoedig om hul skuld te betaal om munisipaliteite soos Mafube (MPM) te help om te oorleef.


Intussen was die komitee geskok om te ontdek dat die munisipaliteit die Suid-Afrikaanse Plaaslike Owerhede se Pensioenfonds en Munisipale Werkers Aftreefonds sowat R200 miljoen skuld. Dit sal munisipale werkers hul aftreevoordele by hul aftrede ontneem en hulle nie toegang tot die regering se tweepot-aftreeskema kan kry nie. Die komitee het gesê dit is onaanvaarbaar en het 'n beroep op die munisipaliteit gedoen om dit dringend aan te spreek om werkers se aftreevoordele te verseker.


Tydens sy spreekbeurt het Jacques Jansen van Vuuren, Skakelbeampte van Mafube Besigheidsforum (MBF) vertel van die ooreenkoms wat reeds in 2019 met Mafube Plaaslike Munisipaliteit en regeringsinstansies gesluit was, om MBF toe te laat om oorsig te hou oor fondse wat uit die gemeenskap gevorder word en voorwaardelik inwoners, besighede en belastingbetalers aan te moedig om wel hul munisipale tariewe te betaal. Dit sou MPM help om hul invorderingskoers tot 95% te lig, in lyn met Tesourie vereistes.Hierdie ooreenkoms en ook die van September 2022 is nie deur die munisipaliteit en regeringsinstansies nagekom nie. Kommunikasie met MBF is verbreek sonder om redes te verskaf en MBF was genoodsaak om die Hooggeregshof te nader, wat gelei het tot die provinsiale ingryping in terme van artikel 139(5) van die Grondwet.


Die komitee kennis geneem het van die hooggeregshofuitspraak van Januarie 2025, wat bevind het dat die burgemeester, administrateur, die munisipale bestuurder en die hoof finansiële beampte aanspreeklik is vir R14,7 miljoen vir historiese skuld aan die pensioenfonds en die provinsie en die munisipaliteit se voorneme om appèl aan te teken, het hy die partye aangemoedig om voort te gaan om werkbare oplossings vir die huidige dooiepunt te vind.


Nadat die komitee besin het oor die belanghebbendes se voorleggings, sal die komitee 'n verslag in die Nasionale Raad van Provinsies voorlê oor sy beoordeling van die impak van die ingryping.


Inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers is welkom om ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort te besoek vanaf 08h30 tot 16h00 op Maandae tot Donderdae en vanaf 08h00 tot 13h00 op Vrydae. Bel of WhatsApp Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

Comentários


bottom of page