top of page
Writer's pictureMBF

TOERISME INDABA 2022: 'N OU FABRIEK KWEEK NUWE IDEES

Frans Cronje het in die afgelope paar jaar terug getrek na die Vrystaat, die provinsie waar hy en sy bekende boetie, Hansie groot geword het, en is tans woonagtig in Senekal. Frans is bekend in die filmbedryf en het al 'n paar flieks agter sy naam. Gespruit uit die passie wat hy vir die Vrystaat koester, het hy die inisiatief geneem om d.m.v. toerisme en die ekonomie daaragter, die Vrystaat weer in die kollig te kry.


Verskeie belanghebbendes vanuit die Vrystaat en ook spesifiek Oos-Vrystaat het op 17 Augustus 2022 in Senekal, by die ou SASKO fabriek bymekaar gekom. Die doel was om probleme in die toerisme sektor te identifiseer en oplossings daarvoor te vind. Diegene teenwoordig was onder andere Department van Keinsake-ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake (DESTEA), Samewerkende regering en Tradisionele Sake, Sentrale Universiteit van Tegnologie (CUT), Munisipaliteit van Senekal, die burgemeester van Senekal, verteenwoordigers van die Parkeraad, Sakekamers, besigheidseienaars (veral in toerisme) vanaf Bloemfontein, Clarens, Ficksburg, Paul Roux, Bethlehem, Frankfort en selfs Henneman. Mafube Besigheidsforum (MBF) was verteenwoordig deur Marina van Biljon. Toerisme het die potensiaal om 'n groot impak te maak op die plattelandse ekonomie. Die Vrystaat het van die mooiste natuurskoon, rustigheid en vriendelike mense. Soveel beskikbare hulpbronne word nie benut nie.


Die verskillende regeringsdepartemente het na die probleme wat ervaar word rakende paaie, veiligheid en munisipale dienste geluister. Positiewe kommentaar is gelewer en daar is gevra dat idees en voorstelle aan hul gestuur word, sodat hulle kan weet waaraan en hoe om aan alles aandag te gee.

Die vergadering is verdaag met 'n stel doelwitte voor oë. Kommitees sal gestig word met spesifieke fokus areas om die kollig op die "lekker en mooi" van die Vrystaat te laat val. Baie innoverende konsepte is bespreek en sal verder gevoer word.



Daar word beplan om kwartaalikse vergaderings te hou sodat die momentum wat nou opgebou is, nie verlore raak nie.

Fotos: 1) 'n Verteenwoordiger van DESTEA in Bloemfontein lewer sy bydrae. 2) Ou wêreldse mooi. Nuwerwetse planne. 3) Marina van Biljon, MBF en Frans Cronje, Organiseerder. #mbf #mafube #mafubebusinessforum #mafubebesigheidsforum #tourism #toerisme #oosvrystaat #vrystaat #destea #cogta #senekal

2 views0 comments

Comments


bottom of page