Baie vrae was onlangs ontvang vanaf mense wat besorgd is oor moontlike vloedskade langs die twee grootste riviere in ons land, nadat swaar reën uitgesak het oor die opvangsgebiede en die damme reeds oorvol is. Bekommerde huiseienaars het op sosiale media hulle menings uitgespreek en sommige het wetend of onwetend die idee geskep dat daar ‘n krisis op hande is. In sekere gevalle het ander die bestuur van ons reservoirs bevraagteken en beskuldigings is gemaak van onvermoë en onkundigheid onder beamptes van die Departement van Water en Sanitasie (DWS) wat aan beheer staan en besluite maak rondom die beheer van vloedwater.
Foto: M van Biljon Dit is dus nodig om die publiek die versekering te gee dat DWS personeel uiters professioneel en met groot verantwoordelikheid optreë en hul take uitvoer volgens beste praktyk. Besluite rondom vloedbeheer word geneem met die totale sisteem in gedagte en gebasseer op inligting versamel in “real time” vanaf honderde punte langs die riviere en systrome. DWS personeel neem ook die inligting soos ontvang van die SA Weerdiens in aanmerking om vooruitskattings volgens beproefde modelle te maak en sal ook daarvolgens vloedbeheerbesluite maak. Die vlak van die Vaaldam het vanoggend (04/01/2022, 05h00) op 109.9% gestaan nadat dit gister rondom 10h00 gepiek het op 10.44%. Daar is steeds vanoggend 'n invloei van ongeveer 550m³/sekonde, waartoe die Vaalrivier 528.2m³/s bydra en die Wilge 76.57m³/s. Met 4 sluise oop is daar ‘n uitvloei van ongeveer 570m³/sekonde. Die rivierkleppe word op hierdie stadium toe gehou. DWS het gister die 3de sluis om 10h00 oopgemaak, gevolg deur die 4de sluise rondom 11h00, om die uitvloei te verhoog en met die invloei te ballanseer. Die vlak en invloei/uitvloei word voortdurend gemonitor en baie sorgvuldig beheer om die damme in die Vaal/Oranje Sisteem optimaal te benut en moontlike vloedskade stroomaf te vermy. DWS se voorspelling dui daarop dat, soos die invloei afneem en met 4 sluise oop, die stand van die Vaaldam teen Maandag 10 Januarie ongeveer 106% sal wees. Die publiek word uitgenooi om deel te neem en kan hulle vra rig op die Vaal Barrage Facebook blad. Vir verdere inligting besoek gerus die DWS Hidrologieblad: http://www.dws.gov.za/Hydrology/ (Jacques Jansen van Vuuren - Voorsitter van die Vaaldam Reservoir Forum)
#Vaaldam #Vaalrivier #Vaalriver #Vaal #Oranjerivier #OrangeRiver #Orange #Sluice #Rainfall #VaalCatchmentArea #DWS #Vloedbeheer #Oorstroming #MafubeBusinessForum #MBF
Besoek gerus die MBF kantoor te Kerkstraat 18A in Frankfort. U kan ook 'n e-pos stuur na info@mafubebf.org of ‘n WhatsApps na 079 145 4295.
Comments