top of page
Writer's pictureMBF

VRYSTAAT LANDBOU WIL ERNS MAAK MET DIE BEKAMPING VAN VEE DIEFSTAL

Vrystaat Landbou het twee spesialiste in die bekamping van misdaad genooi om al die voorsitters van die Boereverenigings in Mafube toe te spreek. Pieter Kemp en Peet Swanepoel kon baie jare se ervaring en kennis deel. Statistiek oor aangemelde diefstalle, die tipe veediefstalle en die frekwensies daarvan is uiteengesit. 'n Baie insiggewende aanbieding is deur Vrystaat Landbou opgestel en aangebied. Strategieë en planne vir vorentoe is begin bespreek wat die ontmoeting suksesvol gemaak het.



Foto: Piet Kemp, VLU; Gerrie Odendaal, Graskop Boerevereniging; Corne de Witt, Oryx; Riaan Odendaal, Graskop Boerevereniging; Eduan Naude, Van Reenenskop Boerevereniging; Flip de Wet, Cornelia; Dup Du Pisani, Vrystaat Lanbou; Jane Buys, Vrystaat Landbou; Jaco Hattingh, Villiers; Peet Swanepoel, LGV. Willie de Beer, Tweeling Boerevereniging is nie op die foto.

1 view0 comments

Comments


bottom of page