MBF het met skok uitgevind dat riool steeds direk in die Wilgerivier inloop – ten spyte van ‘n Hooggeregshof bevel en miljoene bestee.
Daar was 'n rukkie gelede nog hoop gewees toe kontrakteurs gewaar was wat nuwe "emergency overflow ponds" sou bou om die probleem aan te spreek. Groot was die teleurstelling toe MBF die terein besoek het om te sien dat die kontrakteurs weg is en die projek onvoltooid agter gelaat is.
By nadere ondersoek het die kontrakteurs verduidelik dat hulle nie kan voortgaan sonder betaling vanaf Mafube Plaaslike Munisipaliteit (MPM) nie. Die pas afgelegde waarnemende munisipale bestuurder, Adv Lepheana, was die verantwoordbare beampte vir die projek maar hy is nie bekend daarvoor om lig op kwessies soos die te werp nie.
Die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering, Tradisionele sake en Behuising, het ‘n bedrag van R5.0M bewillig onder streng voorwaardes en aan MPM beskikbaar gestel om die nood oorloopdamme te bou om te verhoed dat rioolbesoedeling in die Wilgerivier inloop.
Waarheen is daardie geld nou alweer heen?
Inwoners, besigheidseienaars en belastingbetalers word genooi om die MBF kantore te besoek te Kerkstraat 18A Frankfort. MBF kan ook gekontak word deur 'n e-pos te stuur na info@mafubebf.org of ‘n WhatsApp boodskap na 079 145 4295 Besoek gerus die MBF webwerf by www.mafubebf.org
Comments