As water nie in die strate afloop nie is die water wat by krane uitkom ooglopend vuil. Hierdie foto’s is op verskillende datums by verskeie adresse in Frankfort geneem en lyk dit asof inwoners vir ‘n wyle daarmee sal moet saamleef…
Rapporteer asb foute hier: www.mafubebf.org
Mafube Besigheidsforum (MBF) het pas ‘n verslag van ‘n onafhanklike ondersoekspan bekom. Bo en behalwe die water wat a.g.v. gebreekte pype modderig voorkom, is daar bevind dat daar verskeie probleme by die watersuiweringswerke bestaan wat meestal toegeskryf kan word aan gebrekkige onderhoud en swak bestuur. Van die items wat beskryf word as kommerwekkend:
1. Die sediment by suiweraars (clarifiers) kan nie gedreineer word nie. 2. Dit veroorsaak dat daar van die flokkulant na die sand filters deurvloei. 3. Sandfilters is nie almal in werking nie, en die enkeles wat werk, werk nie optimaal nie. Dit veroorsaak dat die water ‘n modderige kleur aanneem. 4. Die roermeganisme van die suiweraars (clarifiers) is buite werking en belemmer die flokkulasieproses. 5. Chloor word nie effektief gedoseer nie en word dus gemors. 6. Die kwaliteit en veiligheid van die finale produk vanuit die suiweringsaanleg voldoen nie aan voorgeskrewe standaarde nie. Daar word gewag op toetsuitslae.
MBF bly daartoe verbind om die gemeenskap by te staan. Maak ons hande sterk in hierdie stryd en sluit by ons aan.
Besoek ons kantore by Kerkstraat 18A gedurende besigheidsure, op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae van 08h00 tot 12h30, of kontak Marina op WhatsApp by 079 145 4295 of stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org
Comments